Wat om te verwag van die kursus?

Wil jy van beroepskeuse verander? 16 of 60? Was dit nog altyd 'n droom van jou om in Radiowese betrokke te raak? Hierdie droom is nou 'n gróót stap nader. Met die nuutste tegnologie tot ons beskikking, kan jy uit die gemak van jou studeerkamer uitsaai.

Is daar nog 'n toekoms vir my in Radio?


Het die Corona-virus jou genoodsaak om jou toekoms te herdink. Jouself te her-posisioneer? Die Omroeper Kort Kursus hanteer 5 van die 7 sosiale media platvorms in detail wat jy sal benodig indien jy oorweeg om jou besigheid aanlyn te neem. (nl. Youtube en Pinterest) sowel as (Facebook, LinkedIn en Instagram). Youtube en Pinterest kry spesiale aandag, aangesien hierdie twee platvorms in 'search engine' formaat geskryf is, en addisionele waarde tot jou besigheid voeg t.o.v.

As jy 'n bietjie onseker is hoe om te begin en jy het nie 'n 'techie' agtergrond nie, dan is daar geen rede tot kommer nie. 'n Vaartbelynde SAM Cloud 2016 sagteware beteken dat jy kan uitsaai, sonder om 'al die knoppies' te ken.

Ek bied 'n drie maande, 1-op-1 kursus aan via Radio Kuber Kontrei ('n aanlyn Internet Radio Opleiding Stasie) vir u om uself te bekwaam as 'n omroeper; hetsy 'n laatnag program propvol musiek, óf nuus, aktualiteit, geskiedenis, in-en-om-die-huis - of waarookal jy passievol oor is.

Die kursus kan ook (danksy NextCloud en Teachable) op jou eie pas voltooi word - en is 'n MOET indien jy 'n AANLYN-inkomste wil verdien.

Hierdie is 'n praktiese kursus. Basiese teorie met 90% prakties gekoppel daaraan. Die hoofdoel van die kursus is drieledig:

  • Waarde vir geld
  • Pas onmiddelik toe na Kursus
  • Verdien inkomste

'n Voet in die deur. Jy moet dit dan verder neem. Jouself ontwikkel. Lees, leer en luister na wat ander omroepers doen. In vergelyking met tradisionele radio, is Internet Radio nie net beperk tot klank nie. Tans luister 12 miljoen mense na Internet Radio in 'n land soos bv. Spanje.

'n Internet radio-uitsending kan vergesel word deur foto's of beelde, teks en skakels, sowel as interaktiwiteit soos boodskap borde en 'chatrooms'. 

Dit is Radio Kuber Kontrei se wens dat jy groei, leer en ontwikkel - 'n portefeulje opbou. Sodat, wanneer jy reg is, jy by 'n groot kommersiële radiostasie kan instap, en tuis kan voel met jou vermoëns en tegniese kennis en ondervinding.

Complete and Continue  
Discussion

0 comments