Klas 1 Jou eie besigheid

Klas Lengte: 27min

Geagte Kursusganger!

(Alle skakels is lewendig: Druk CONTROL + Kliek op enige skakel, of TALM / LUIER jou muis oor die skakel, en jy kan direk daarnatoe gaan)

Baie welkom by my Radio Omroeper Kort Kursus.

As jy nog nie ‘n lid is nie, hier is die skakel: https://join.skype.com/hT33WR6rlxhT. Of gaan net in jou Skype, links bo, net onder jou profiel foto is die soek enjin…Tik ‘myvolk1652’ en stuur vir my ‘n vriendskapsversoek. Dit is gratis om te gebruik (en so ook die sagteware).

Wat is Skype? Stem oor IP of VoIP (Engels vir Voice Over IP) is die oordrag van spraak (stemdata) tussen gebruikers oor die Internet of 'n ander IP-netwerk. Hierdeur word telefonie oor datanetwerke moontlik en kan die voorheen afsonderlike wêrelde van spraak- en datakommunikasie saamgevoeg word. Kostes word sodoende bespaar omdat dieselfde infrastruktuur vir beide doele gebruik word. Stem oor IP maak ook die ontwikkeling van nuwe innoverende produkte en dienste moontlik.

VoIP is nie dieselfde as VoDSL nie. By VoDSL word 'n telefoonlyn oor 'n ADSL-lyn geïmplementeer sonder om van die Internet gebruik te maak.

Hoekom Skype? Terwyl ek klas aanbied op Radio Kuber Kontrei, en jy ingeskakel is, kan jy 'real-time' reageer, kommentaar lewer en of vrae aan die programaanbieder stel.

Radio Omroeper Kort Kursus Module 1 Klas 1 Skermskoot 1a Neem deel aan 'n Skype gesprek ▲

Skype bied jou verskillende opsies: Desktop, Mobile, Tablet, Xbox en Alexa.

Verder: Windows, MAC, OS, X en Linux.

Verder: Linux DEB, Linux RPM en Linux SNAP. 

Maak 'n keuse tussen 'Join as Guest' of 'Sign in or create'.

Tik in die soekgleuf links bo 'myvolk1652' of 'Radio Omroeper Kort Kursus'.

Radio Omroeper Kort Kursus Module 1 Klas 1 Skermskoot 1b myvolk1652 of Radio Omroeper Kort Kursus ▲


Tik ‘myvolk1652’ en stuur vir my ‘n vriendskapsversoek.

Van my Paul Joubert, ‘n hartlike welkom.

Ek dink teen die tyd loop die adrenalien hoog en is jy opgewonde oor die moontlikhede.

Net om kortliks weer saam te vat. Ek is die stigterslid van Radio Kuber Kontrei, en eienaar van www.myvolk.co.za. Elke sessie saam moet en sal so interaktief as moontlik geskied. Dit is ook die platvorm waar ons idees uitruil, beplan, saam dink, saam lag, saam sukses behaal. Jy sal dan ook nou teen hierdie tyd weet dat Skype kardinaal is vir kommunikasie. As jy nog nie Skype afgelaai het nie, hier is die skakel. Dit is gratis om te gebruik (en so ook die sagteware).

Radio Kuber Kontrei is ‘n direkte uitvloeisel van die webtuiste www.myvolk.co.za – ek het al die visie en missie met jul gedeel. Dit fokus is op Afrikaans en Christenskap.

Visie

"Skep 'n digitale tuiste waar ons Afrikaans en die Christelike geloof beskerm, bevorder en bemark na ongeveer 10 miljoen Afrikaanse taalgebruikers reg oor die wêreld. Behou en bevorder die waardes, kultuur en erfenis voortvloeiend uit bogenoemde taal en geloof, vir almal wat hulle daarmee identifiseer."

Missie

"Vertel die Afrikaanssprekende se geskiedenis van 1652 tot die hede. Gebruik produkte, dienste en tegnologie om 'n beskermheer en kampvegter vir Afrikaans te word deur die webtuiste tot 'n onmiskenbare verwysingsbron te ontwikkel ten opsigte van geskiedenis, taal, kultuur, kuns en geloof."

RKK is ‘n opleidingsstasie ten doel om amateurs op te lei en gereed te maak vir ‘n onderhoud by ‘n plaaslike kommersiële- of gemeenskapsradio. Ook indien jy dalk jou vlerke wil sprei en by ‘n Internet Radio Stasie betrokke wil raak. Dit is ook 'n platvorm waar jouself kan herposisioneer om jou besigheid AANLYN te bedryf. In watter veld ook al. Hier sal RKK opleiding jou in staat stel om effektief met jou databasis te kommunikeer.

Gou 'n paar belangrike skakels:

Die eerste een is Radio Kuber Kontrei

https://www.facebook.com/Radio-Kuber-Kontrei-1688098674795692/?fref=ts

https://www.facebook.com/groups/werksoekers/?ref=ts&fref=ts

Laaste is my persoonlike Facebook blad:

https://www.facebook.com/paul.joubert

Maak asseblief seker jy het die ‘HOU VAN’ knoppie op hulle gedruk. Die rede hiervoor is tweeledig. Met hou van, kan ek jou laai as redigeerder op die blad. Sonder dit kan ek nie.

 Op Radio Kuber Kontrei gaan jy as redigeerders opgestel word, waar jy dan die volgende kan doen: “Omroeper kan die Blad wysig, boodskappe stuur en as die Blad publiseer, advertensies skep, sien watter admin 'n plasing of kommentaar geskep het en insgite besigtig.”

Hoekom is dit belangrik? Sodra die program rooster opgestel is, is jy self verantwoordelik om jou eie radio program te bemark. Wat natuurlik elke week ‘n nuwe onderwerp gaan hê, Daarom het jy toegang nodig tot die Facebookbladsye om die nagenoeg 6,200 volgelinge te oortuig om vanaand na jou te luister, in plaas van Sewende Laan te kyk op SABC2.

Jy mag soveel posts wat relevant is tot jou program publiseer. Op Radio Kuber Kontrei werk dit ‘n bietjie anders. Toe dit nog My Volk se facebook blad was, het ek die volgelinge gekondisioneer t.o.v tye, sodat hulle nie ‘gespam’ voel nie – en die blad verlaat nie. Daar is om 10h00, 13h15, 15h00 en 19h00 plekke daagliks beskikbaar om ‘n geskeduleerde post te maak. Dit moet vooraf by my geboek word voordat jy daarvan gebruik mag maak. As jy nie weet hoe om ‘n geskudeleerde post in Facebook te maak nie, wag asseblief vir module 1(b) wat dit stap vir stap vir jou sal verduidelik.

Ons het ‘n treffende slagspreuk vir Radio Kuber Kontrei:  

Óns Mense, Óns dinge (Herman Ilse Fourie)

Hier maak jy saak (Herman Ilse Fourie)

Afrikaans my alles (Maritza Cilliers)

Dis mý mense dié! (Paul Joubert)

Afrikaans met smaak – soos ek en jy! (Adele de Klerk)

Die waarheid as eerste natuur (Siegfried Kitching)

Eg Afrikaans soos dit hoort. Ons trots (Helena Sohnetta). Gaan dink so bietjie en gee ‘n idée in die sitkamer, terwyl die volgende liedjie speel.

‘n Stasie vir my Nasie (Hennie Lottering)

So maak mens in Afrikaans (Deon du Plessis)

Ons Taal ... Ons Leefwyse (Tersia Patrys Thomas)

Afrikaans jou lekker ding! (Alicia Smuts)

Afrikaans jou Boeretroos (Rudene Moljol)

Vryheid in ons pype! (Tersia Patrys Thomas)

Afrikaans is ek en jy! (Bradford Viljoen)

Laat ons verdwaal in ons Moedertaal! (Sasha Marais)

My Hart. My Taal. My Stem. (Karen Davidson)

Ons het intussen ‘n #donderdag dinkskrum daaroor gehou en op ‘n slagspreuk besluit. Die slagspreuk vir Radio Kuber Kontrei is: “Jou Hart. My taal. Ons stem!”

‘n Groot gedeelte van ons opleiding gaan geskied via Skype en Teamviewer. Indien jy nog nie Teamviewer gesintalleer het nie, doen dit asseblief so spoedig moontlik. Hier volg die skakel:

https://www.teamviewer.com/en-us/ Wat is Teamviewer? Die alles-in-een oplossing vir veilige afstandtoegang en ondersteuning. Toegang, bestuur en ondersteuning van rekenaars, mobiele toestelle, netwerkmasjiene en eer, vanaf enige plek.

Stoor asseblief my selfoon nommer. Paul Joubert 079 219 6735. Ek gaan elke Omroeper ook stoor sodat ek – sou ek moet – jou kan kontak via Foon nommer.

As jy jou eie Facebook blad wil skep om jouself of jou program te bemark is jy meer as welkom. As jy ‘n webblad wil ontwikkel vir jou pos of jouself, praat asseblief met my daaroor eerste. Ek gebruik die Yola (sien Module 28) platform en ken dit baie goed.

Ek kan vir jou ‘n domain skep en die hosting doen teen baie minder as wat die mark vra. Selfs al is dit vir jou besigheid. As daar meer as 5 belangstellendes is, sal ek ‘n Kursus daarvoor aanbied. Wat baie mense versuim om te noem as hulle bemarking doen vir die skep van webtuistes, is die kritiese rol wat metatags speel om jou webblad prominent te kry. Die Internet (www) is soos ‘n reuse telefoonboek. Jy is een van miljoene nommers op die Internet. Tans word 92.86% van alle ‘searches’ via Google gedoen, met Bing 2.41% en Yahoo met 1.82%. Google is ongetwyfeld die belangrikste ‘search engine’ wêreldwyd vandag.

Wat is ‘n meta tag. “A special HTML tag that provides information about a Web page. Unlike normal HTML tags, meta tags do not affect how the page is displayed. Instead, they provide information such as who created the page, how often it is updated, what the page is about, and which keywords represent the page's content.”

As jy nie vandag in die top 10 van Google search eindig nie; mors jy jou tyd op die Internet.

Terwyl die volgende liedjie speel doen gou die oefening: Gaan tik die volgende beskrywings in in Google Search: (*gebasseer op Google Search met Chrome platvorm)

1.    Radio kort Kursus (1ste op 28 Maart 2020)

2.    Afrikaner Geskiedenis (31ste op 28 Maart 2020)

3.    Selfoon Radio (4de op 10 April 2019)

4.    Top 10 Afrikaanse grappe (1ste op 28 Maart 2020)

5.    Ons Erfenis (1ste op 28 Maart 2020)

Begin vandag bemark. Orals waar jy kom. Radio Kuber Kontrei. Werf luisteraars. Borge. Donateurs. Van vandag af.

By al 5 metatags, sal jy sien www.myvolk.co.za is in die top 5. Ek het 100 sulke metatags geïdentifiseer vir die webblad. Jou terugvoer nou rondom die radio wat meta tags aan betref is krities. (maar later meer daaroor) Gaan asseblief na die Sitkamer en post presies wat jy doen vir ‘n beroep. D.w.s waar werk jy, en wat doen jy daar. Asook jou tersiëre kwalifikasie.

#Jou Hart. My Taal. Ons Stem!

Complete and Continue  
Discussion

0 comments