Oor die Program Aanbieder

Paul Joubert het in 1989 -1991 sy Joernalistiek-graad aan die Techikon Pretoria gestudeer. Onder ander in hierdie periode het hy geskryf vir die destydse EP Herald, en verskeie plaaslike koerante. Vandaar het hy die familie-besigheid betree en sou eers weer in 2010 direk paaie kruis met sy passie en liefde: Radio!

1 Maart 2013 pen hy die eerste woorde van www.myvolk.co.za - sy lewensroeping - om 'n digitale tuiste te skep waar ons Afrikaans en die Christelike geloof beskerm, bevorder en bemark na ongeveer 10 miljoen Afrikaanse taalgebruikers reg oor die wêreld.

Sy doel? Eenvoudig: "...Behou en bevorder die waardes, kultuur en erfenis voortvloeiend uit bogenoemde taal en geloof, vir almal wat hulle daarmee identifiseer..." Die blad spog reeds met 1,190,580 bladbesoeke en 605,073 individuele besoekers. (sien hier)

In Januarie 2016 sien Radio Kuber Kontrei die lig - 'n Internet Radio Stasie wat hom op opleiding toespits. Gedurende 2016 - 2017 het meer as 100 kursus gangers die gewilde RADIO OMROEPER KORT KURSUS bygewoon en voltooi. Die afgelope jaar het hy spandeer om die kursus 'ON-DEMAND' beskikbaar te stel, d.w.s elke kursusganger beweeg teen sy eie pas en spoed (AUTOMATED).

In 2018 - 2019 het hy hom toegespits om verskeie (Internet) Radio stasies die lig te laat sien. Sy nuutste toevoeging tot sy lys is die van Radio Majuba. Danksy die sukses van die Radio Omroeper Kort Kursus, kon hy ook in hierdie tyd twee nuwe aanlyn-kursusse byvoeg, nl. Digitale Bemarking Strategie en Business Model Canvas.

Complete and Continue  
Discussion

0 comments