Het jy ‘n passie vir musiek en stem vir Radio? Skryf in vir ons Radio Uitsaai Kort Kursus. Saai lewendig uit op Radio Kuber Kontrei na Module 2 van jou opleiding. 'n Behoefte om 'n inkomste te verdien of net jou hart te volg en nog altyd jou stem op radio wou plaas?

Internetradio moet nie verwar word met digitale radio of podcasting 'potgooi' nie.

Internetradio (ook webradio, netradio, stroom radio, e-radio, IP-radio, aanlynradio) is 'n digitale klankdiens wat via die internet gestuur word. Uitsending op die internet word meestal webuitsending genoem, aangesien dit nie breedweg via draadlose middele oorgedra word nie. Dit kan óf gebruik word as 'n selfstandige toestel wat via die internet loop, óf as 'n sagteware wat deur 'n enkele rekenaar loop.

Internetradio word gewoonlik gebruik om boodskappe deur middel van praatjies te kommunikeer en maklik te versprei. Dit word versprei via 'n draadlose kommunikasienetwerk wat aan 'n skakelpakketnetwerk (die internet) gekoppel is via 'n onthulde bron.

Internetradio behels stroommedia, en bied aan luisteraars 'n voortdurende stroom klank wat tipies nie gepauze of gespeel kan word nie, soos tradisionele uitgesaaide media; in hierdie opsig onderskei dit van die bediening op aanvraag. Internetradio onderskei ook van podcasting 'potgooi', wat die aflaai eerder as stroom behels.

Kursus Kurrikulum

  Welkom
Available in days
days after you enroll
  Module 1
Available in days
days after you enroll
  Module 2
Available in days
days after you enroll
  Module 3
Available in days
days after you enroll
  Afsluiting
Available in days
days after you enroll
Mikrofoon Radio Omroeper Kort Kursus

Moet ek 'high-end equipment' hê om te kan uitsaai?

Beginner:

Rekenaar of Skootrekenaar

Bedryfstelsel: Windows XP, Windows 7, Windows 8, Windows 10

Verwerker: 1 GHz

Geheue: 2 GB

Disk Spasie: 100 MB (plus addisionele spasie vir musiek) Klank Kaart: Verpligtend 5.1 VX met mikrofoon 'output' Internet: Soliede Internet Konneksie (hoef nie ADSL te wees nie)

Oorfone met mondstuk ± R450 (Incredible Connections)

Gevorderd: (Sien foto links)

Oorfone Behringer HPS500

Mic Stand en Pop filter

Mikrofoon Behringer C1

Mixer Behringer XenyxQX1002USD

Eksterne Klank Kaart UMC202HD

Watter plan sal jou beter pas?

R990

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus (weekliks elke Woensdag 19:00 tot 20:00)

R2,095

Radio Omroeper Kort Kursus 1-Op-1

Radio Omroeper Kort Kursus (weekliks elke Woensdag 19:00 tot 20:00) + 1-Op-1

Wat gebeur na die Kursus?

Indien jy voel dat dit jou passie is, is jy welkom om, sodra die kursus verstryk het, 'n weeklikse program by Radio Kuber Kontrei aan te bied.


Hierdie program kan 60 minute, 90 minute of 120 minute duur.


Tydens die Kursus betaal Radio Kuber Kontrei jou lisensie by Spacial vir die sagteware. Indien jy wil voortgaan na die kursus, sal 'n fooi vir jou lisensieregte vanaf Spacial jou R289 per maand kos.

Kan ek dit deeltyds doen, of net eers deeltyds begin?

Absoluut! 95% van die huidige personeel is deeltyds, maar leef hul passie vir Afrikaans hier uit. Bring jou stem en jou passie, en kom bied 'n program aan in 'n tydgleuf wat jou pas, en wat beskikbaar is. 


Die kursus kan in groepsverband oor negntig dae (1 uur per week) (R990) of Een-tot-Een-vlak (R2095) (jy bepaal die pas) gedoen word. Groepsverband is elke woensdagaand vanaf 19h00 tot 20h00.

Kan ek uitsaai vanaf enige plek in die wye, wye wêreld?

Met slegs 'n Internet konneksie (dongle, lyn, WI-FI, ADSL of Fibre ) kan jy enige plek in die wêreld uitsaai, via ons hoofraam.

 

*SAM Broadcaster Cloud is 'n webplatform wat op sowel Windows as Mac OS werk. Ons beveel aan dat u die nuutste weergawe van Chrome of Internet Explorer gebruik.